Thursday, December 31, 2009

Wie het afgewyk ?

Sedert 1994 is die Boerevolk nie veel méér as 'n derdeklas-burger in
sy eie land nie, en word hy onderdruk, verguis en in 'n permanente
toestand van skuldgevoel gehou.

Daar is onder ons volksgenote hoofsaaklik drie groepe mense.

Die eerste groep is die wat die nuwe Suid-Afrika aanvaar het, en
aktief meedoen aan voetewas en wat selfs ANC-lede geword het om te
toon hoe bly hulle is dat die vorige era verby is. Hierdie mense word
nie deur die Boere- of Afrikanervolk gerespekteer nie. Inteendeel,
hulle word geminag as verraaiers van dit waarvoor hulle voorouers
meestal geveg het. Interessant genoeg, word hierdie mense ook nie
werklik deur hulle nuwe heer en meesters vertrou nie, want geen
verraaier word ooit êrens vertrou nie.

Die tweede groep is die volksgenote wat nie jubel oor die nuwe
Suid-Afrika nie, maar wat sê dat die nuwe bedeling nou eenmaal 'n
werklikheid is, dat dit nie weggewens kan word nie, en dat dit aanvaar
moet word, maar hoogstens ten beste vir ons volk bestuur moet word.
Hierdie mense glo dat alle middele gebruik moet word om die land, tot
almal se voordeel, "gemaak werk" moet word. En ja, in daardie werkbare
bestel, hoop hulle om 'n sonstraaltjie vir die Afrikanervoolk ook te
kan opvang.

Die derde groep is die mense wat sê dat hulle 'n vrye Boere- of
Afrikanerrepubliek nastreef. Doodgewoon: 'n eie land waarin die volk
homself kan regeer, sy eie standaarde kan stel, sy eie waardes kan
handhaaf, en sy eie siening van vryheidvan spraak en die regstelsel
kan uitleef, op Christelike grondslag gebou.

Hierdie laaste groep word dikwels as regs of verregs gebrandmerk, die
skelwoord, rassiste, word ook dikwels na hulle kant geslinger.

Dit is interessant om daarop te let dat die laasgenoemde groep, die
republikeine, eintlik dié groep met die meeste geskiedkundige wortels
is.

Dit was immers die republikeine wat weggetrek het vanuit die Britse
onderdrukking in die Kaap. Dit was die republikeine wat twee
vryheidsoorloë geveg het teen daardie selfde imperiale kolonialis.

Dit was daardie republikeine wat in 1948 die oorwinning behaal het by
die stembus, en die lang en moeisame proses aan die gang gesit het om
die Afrikanervolk finaal vry te maak van die Britse kolonialisme –
iets wat uiteindelik in 1961 gebeur het toe die Republiek van
Suid-Afrika as 'n Afrikanerrepubliek tot stand gekom het.

Alhoewel die bedreiging van die voortbestaan van hierdie
volksrepubliek reeds voor 1994 duidelik geword het, het die nuwe
bestel van 1994 die volksrepubliek vervang met 'n rasrepubliek. Want
sedert 1994 word die klem net gelê op swart bevoordeling en
bemagtiging. Die Afrikaner het sy seggenskap oor feitlik alles
verloor: hy mag nie meer in sy eie skole toelaat wie hy wil nie, daar
is druk op sy kerke om hulle Woordgegronde karakter te verander, sy
monumente moet gedeel word, sy taal moet verwater, verkieslik
vernietig, word.

As republikeinsgesinde volksgenote daarteen probeer wal gooi, en die
vryheidsideaal van 'n onafhanklike Boererepubliek verkondig, word
hulle skielik die verregses en die ekstremiste genoem.

In werklikheid is dit nie hierdie vryheidsgesindes, die republikeine,
wat na regs beweeg het nie. Dit is die aanvaarders van die bestel, en
dié vir wie vryheid in 'n eie republiek nie meer belangrik is nie, wat
in wese na links beweeg het. Die republikeinse strewe, die smagting na
vryheid, waar ook al en hoe groot die republiek ook al mag wees, loop
soos 'n goue draad deur ons volk se geskiedenis. Daardie goue draad
het uiteindelik die meerderheid van die volk begeester. Toe was dit
nie 'n "regse" standpunt nie. Dit was natuurlik, alledaags. Niemand
het getorring aan die vrye republiek nie.

Helaas het die meerderheid van die volk, saam met die paaiers en
verraaiers na links beweeg en hulle rug op die republikeinse- en
vryheidsideaal gekeer. Die republikeine het bloot bly staan daar waar
hulle voorouers gestaan het: op die beginsel van vryheid in 'n
republiek. Dit is die "aanvaarders" wat na links beweeg het, en die
beginsel weggesmyt het, hetsy uit kruiperigheid voor die vyand, hetsy
uit opportunisme ter wille van die plekkie in Suid-Afrika, wat die
vyand ons volk in elk geval nie gun nie.


http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.php#

Sunday, December 27, 2009

Afrikaner WeerstandsBeweging

AWB Forum

Goeiedag vriende

Ek het baie goeie nuus. Ek het uiteindelik iemand gekry wat 'n AWB
forum vir ons oopgestel het. Die facebook groep sal altyd daar wees al
haal hulle hom nog 'n 100 keer af, sal ek net weer een oopmaak, maar
'n forum waar ons kan gesels onafhanklik van facebook is net soveel
beter!!

Die forum is nog baie nuut en daar is nog nie veel lede nie, maar as
al 700 van julle wat opregte Boere is aansluit gaan ons 'n baie
bedrywige en lekker kuber kuierplek he waar ons kan gesels sonder die
valk oë van Facebook!

Gaan na http://awb123.forumotion.com/ en regestreer sommer nou dadelik!!!

Vriende ek kry die gevoel volgende jaar gaan 'n baie interesante jaar
wees, dinge gaan begin gebeur, en deur die forum kan ons mekaar help
om beter voorbereid te wees op wat gaan gebeur, ons kan makliker met
mekaar kommunikeer.

Ek wil ook net vir Chris bedank wat so gaaf was om vir ons sy forum oop te stel.

Vriende nooi asb al jul vriende na die facebook groep en ook na die forum.
En voeg ook hierdie profiel van my by as 'n vriend om dit makliker te
maak om die groep weer te begin as Facebook se admins dit weer afhaal.

Die Boere is aan die loop en niemand stop 'n Boer wat momentum gekry het nie!!!

'n Baie geseende Kersfees vir julle en alle voorspoed met die nuwe
jaar en al die uitdagings wat daar op ons wag!

Boeregroete
Christo de Klerk

Saturday, December 19, 2009

Geloftedag of Versoeningsdag ?

171 Jaar het verloop sedert die Gelofte en vandag word daar vir ons
vertel dat 16 Desember, is Versoeningsdag en nie Geloftedag.
Wat is hierdie versoening en met wie moet daar versoen word?
Dit wil voorkom of die skeppers van hierdie sogenaamde versoeningsdag,
se doel was om hierdie versoeningsdag te gebruik om alle mense wat in
Suid-Afrika woon te integreer tot een nasie. Om daaruit een of ander
utopia te skep waar almal in vrede en harmonie saam lewe.
Dit vriende, is lasterlik. Want hoe durf die mens 'n dag wat aan God
gewy word, omskep in 'n dag wat aan die mens gewy word?
Versoening beteken in elkgeval om mense wat van mekaar vervreemd
geword het, weer vriende te maak. Die bevolkings groepe in Suid-Afrika
het nie vervreemd van mekaar geword nie, hulle was nog altyd
vreemdelinge van mekaar en daarom kan daar geen versoening plaasvind
nie. Nee vriende, dit is eerder 'n poging om die bevolkingsgroepe in
Suid-Afrika te integreer.
Die realiteit van integrasie, is dat dit lei tot disintegrasie. As jy
modder en roomys vermeng, verander dit niks aan die modder nie, maar
die roomys is vir altyd verlore.
Die verdure realiteit in Suid-Afrika, is dat daar geen sprake van
vreedsame integrasie kan wees, as daar teen die Afrikaner
gediskrimineer word, onder die dekmantel van Affirmantive action,
swart ekonomiese bevoordeling, grond hervorming en kwotastelsels in
sport nie.
Laat ons dan nooit die fout maak om deel te neem aan die humanistiese
leun van 'n versoeningsdag nie, laat ons altyd hierdie dag herdenk vir
wat dit is, 'n herdenking van die Gelofte van 1838.

Wednesday, December 16, 2009

Geloftedag = Selfrespek

Ek was ongeveer 'n jaar terug vir 'n saak in die Konstitusionele Hof
in Johannesburg. Hierdie moreel onbegronde hof vind jy in die
oorblyfsels van die voorheen Nommer 4 tronk, wat deel uitgemaak het
van die ou Fort, waar verskeie ANC terroriste aangehou is.

Konstitusionele Heuwel, waar die hof en tronkmuseums ens. staan, word
deur die ANC voorgehou as een van die morele regverdigingsgronde
waarom die nuwe bestel sodanig legitiem sou wees. Net soos die
Apartheid Museum en "Freedom Park", word hierdie propaganda struktuur
met groot koste getooi en in stand gehou in die gees van die "nuwe"
SA. Dit terwyl daar skaars 'n blok vanaf die Konstitusionele Hof op
groot skaal geroof, verkrag en vermoor word. In die moderne samelewing
weet die ANC goed dat die leuen verbloem in 'n waas van liberale
propaganda maklik deur die publiek soos soetkoek opgevreet sal word.

Die oorhoofse doel van elke ANC monument en museum, is dan ook om
hierdie leuen weer te bevestig, te versterk en aggressief na buite te
kommunikeer. So vind ons in die nuwe ANC-gefinansierde Bloedrivier
museum (net oorkant die rivier van ons eie Bloedsrivier monument) die
geskiedenis amptelik voorgehou as volg: Piet Retief en sy manskappe is
om die lewe gebring omdat hulle gevang was waar hulle naby Dingaan se
hut in die nag besig was met "loitering" en toordery.
Van die Voortrekkers het onbehoorlik teenoor die Zoeloe dames
opgetree, en hulle probeer verlei. Verder verdien hulle om dood gemaak
te word, omdat hulle van die Zoeloes almal slawe en Christene wou
maak.
Daar was nooit 'n traktaat nie, en Bloedrivier was nie 'n oorwinning
nie, aangesien net 'n paar honderd krygers aan die slag deelgeneem
het.
Die vorme wat die leuen van die "nuwe" SA aanneem, vind op
verskillende wyses plaas. Aan die swart massa word die illusie
voorgehou dat hulle inderwaarheid nou vry is, en dat dit kwansuis
beter met hulle sou gaan. Aan die Afrikaner, wat kan sien dat dit
eintlik nie so goed gaan nie, word die herhaalde refrein in ons kele
afgedruk dat ons skuldig is. Vir alles skuldig is.

Hierdie skuldgevoel werk soos 'n virus. Dit gryp die oningeligte aan
sy keel, laat hom smoor van skaamkry. Die stommerik sê gevolglik dan
net ja en amen op elke immoreel waansinnige ANC-daad. Met
bloedstollende oë kyk hy jou angsbevange aan as jy dit sou waag om
kritiek uit te spreek teenoor die regering. Ons is mos dan skuldig.
Sleg en verkeerd. En ons moet betaal. En nooit ophou betaal nie.
Hierdie skuldgevoel versmoor alle vorme van logika, dit beklemtoon die
persoon wat net saam met die stroom beweeg se swak karakter, en maak
inderdaad van ons volk slawe.

In 'n maand wat ons weer Geloftefees hou, moet ons vir 'n oomblik
stilstaan, en ons situasie met realisme in die oë kyk. Vir ons om as
volk weer 'n regmatige plek in Afrika in te neem, moet ons terugkeer
na die basiese beginsels. En dit begin deur 'n gees van nasionalisme
te kweek. 'n Gees van trots op wie en wat ons is. Ons behoort oor niks
skaam te voel nie. En hier praat ons nie van 'n arrogante trots nie,
maar inderdaad van selfrespek uit hoofde van ons nederigheid voor die
Drie-Enige God. Dit maak nie saak wat die leuen is wat die ANC aan ons
probeer voorhou nie, die waarheid kan nie verbloem word nie.

As daar een boodskap van die ou Voortrekkers is
wat veral in hierdie tyd tot ons behoort te spreek, is dit die gees
van selfrespek wat uit ons harte moet gloei. Die Voortrekkers het nie
jammer gesê omdat hulle getrek het nie. Hulle het ook beslis nie
jammer gesê omdat hulle hulself verdedig het teen die aanslae van
barbare nie. Die Voortrekkers het ten spyte van baie swaarkry, hul oë
op God gerig gehou, en daad by die woord gevoeg en sweet en bloed laat
tap ter wille van hul ideaal van vryheid.

Die ANC was nog altyd immoreel. Hulle is dit, en sal dit ook altyd
bly. In die einste Konstitusionele Hof, net voor jy by die hof instap,
is daar twee groot koper deure waardeur jy moet loop. Daar by die
ingang is 'n plaat aangebring met die woorde van Nelson Mandela, waar
hy sy hoop uitspreek dat hierdie hof waarlik vir almal in SA
regverdigheid, billikheid en vryheid sal bring. Skaars drie meter regs
van hierdie plaat, is daar graffiti op 'n ou tronkmuur geverf. Die
woorde skree dit uit: "Viva MK" (ANC se terroriste vleuel, wat vandag
sterk verdink word vir baie plaasaanvalle). In daardie hof, die
regering se liberale konstitusionele struktuur, kan die haat en
wrewel, die terrorisme, die onregverdigheid en onbillikheid net
eenvoudig nie weggesteek word nie.

Dit spreek daartoe dat selfs die liberalis se droom van 'n Grondwet en
menseregte hof inderwaarheid reeds met die hof se opening gesneuwel
het voor die barbarisme van Afrika.
As dit die blatante wyse is hoe die regering hul gruweldade goedpraat,
waaroor durf ons skaam te voel? Laat ons as volk hierdie Gelofte maand
met trots uitleef. Vir niemand vra ons verskoning nie, van niemand vra
ons toestemming om hier te mag wees nie. Die gees van al die geslagte
voor ons, ja daardie gees van trots wees op ons eie, dit is die gees
wat ons vyande soos mis voor die son sal laat verdwyn.

"Ons het selfrespek, ons durf nie anders nie."


Jan van Zyl

Oranje Tuindienste

30 November 2009

GEAGTE VOLKSGENOOT

Dit is vir ons 'n groot voorreg om hierdie skrywe aan u te rig om ons
besigheid aan u bekend te stel.

Vanaf 1 Desember 2009 gaan Oranje Tuindienste aan die volgende gebiede
hul dienste kan lewer :
• Hele Pretoria gebied
• Verwoerdburg
• Kleinfontein
• Rayton
• Cullinan
• Bronkhorstspruit

Die dienste wat gelewer kan word sluit die volgende is:
• Sny van grasperke
• Sny van rante
• Versorging van blombeddings
• Verwydering van dooie blare
• Vee van plaveisels en stoepe
• Aanwend van onkruiddoder op versoek
• Verwydering van tuinvullis
• Snoei van bome en struike
• Verwydering van ongewenste bome
• Enige ander versoek in verband met u tuin
Die bogenoemde dienste kan op 'n weeklikse diensbasis gedoen word,
maar ook eenmalig.

Oranje Tuindienste gaan besigheid doen op bepaalde beginsels. Die
belangrikste is dat Oranje Tuindienste SLEGS van Volkseie arbeid
gebruik gaan maak. Ons is ook trots om te sê dat Oranje Tuindienste
net in Afrikaans gaan besigheid doen.

Skakel ons gerus vir 'n gratis kwotasie. Oranje Tuindienste staan
gereed om vir u tot diens te wees! U kan direk vir die skrywer skakel
by 082 737 6325.

Die uwe

Johan Beyers


http://www.oranjetuin.co.za/index2.html

Suidlanders verklaring


Vêr Regse groep naby Ceres gearresteer.

Volgens 'n berig in die Rapport is daar 'n vêr regse groep gearresteer naby Ceres op 'n plaas. Daar is ook onwettige wapens tydens die arrestasies deur die polisie op die plaas gevind. Die Rapport maak in die artikel die bewering dat die groep bekend as Jesserun Broederskap NOUE BANDE het met die Suidlanders. Verder word daar ook beweer dat daar 'n vergadering tussen die Suidlanders en dié beweging geskeduleer was. HIERDIE BEWERINGS IS TOTAAL VAN ALLE WAARHEID ONTNEEM. DIE SUIDLANDERS DISTANSIEËR ONS DUIDELIK TEEN ENIGE ONWETTIGE OPTREDE.

ONS WENS OOK TE VERWYS DAT SLEGS GUSTAV MÜLLER EN JOHANN LE ROUX AS LEIER EN ONDERLEIER VAN DIE SUIDLANDERS DIE MAGTIGING HET OM NAMENS DIE SUIDLANDERS TE SKAKKEL MET ANDER GROEPE EN DAT NIE EEN VAN HULLE ENIGE KONTAK HET MET LEDE VAN DIE JESSERUN BEWEGING NIE. VERDER MEER IS GUSTAV HUIDIGLIK OP SY TOER IN DIE TRANSVAAL EN DAT HY DUS NIE ENIGSINS SOOS BEWEER WORD IN CERES 'N VERGADERING SOU BYWOON MET DIE GROEP NIE.

ONS EIS DAT RAPPORT AAN DIE NASIONALE BESTUUR VAN DIE SUIDLANDERS 'N VERSKONING SAL AANBIED EN 'N REGSTELLING IN DIE KOERANT SAL PUBLISEER. HIERDIE IS 'N BAIE NALATIGE BEWERING WAT ONSKULDIGE MENSE BETREK BY ONWETTIGHEDE. HIERDIE IS DUS WEEREENS 'N BEWYS VAN OBSOLUTE NALATIGE JOERNALISTE WAT NIE HULSELF VERGEWIS VAN FEITE ALVORENS 'N BERIG GEPLAAS WORD NIE. DIE SUIDLANDERS SAL REGSADVIES MET BETREKKING TOT DIE BERIG INWIN EN DIENOOREENKOMSTIG OPTREE.

DIE SUIDLANDER DEKLERASIE EN DUS ONS RIGLYNE LEES AS VOLG:

SUIDLANDERS DEKLARASIE

  • Die Suidlanders verklaar dat hulle vir die volgende staan:
  • Ons beywer onsself vir die bevordering van die veiligheid van Suid-Afrikaanse burgers, met primêre fokus op die blanke bevolking, onderworpe aan die landswette.
  • Ons glo in die God van Abraham, Isak en Jakob, die God wat die Voortrekkers by Bloedrivier gered het, en onderwerp onsself geheel aan Sy gesag.
  • Ons erken die Bybel as die ware geskrewe Woord van God.
  • Ons verwerp Kommunisme en Sosialisme as 'n politieke en Godsdienstige ideologieë. Ons ondersteun persoonlike vryheid en 'n vrye mark stelsel.
  • Ons verwerp revolusie as middel om politieke doelstellings te bereik.
  • Ons verwerp lidmaatskap van geheime organisasies.
  • Ons beywer onsself om persoonlike gereedheid te bevorder ten einde onverwagse noodsituasies (van enige aard) die hoof te bied.

Friday, December 4, 2009

Mediavrystelling: Geloftevolk kom in beweging.

MEDIAVRYSTELLING

GELOFTEVOLK KOM IN BEWEGING

Die Geloftevolk Koördineringskomitee (GKK) het oor die naweek van 27 --
29 November 2009 in Bloemfontein vergader. Die komitee is tydens die
volksvergadering wat aan die einde van September by Vegkop gehou is,
aangewys om die besluite van die volksvergadering uit te voer. Tydens
die naweek se vergadering het die komitee hom onherroeplik verbind tot
die sentrale standpuntinname van die volksvergadering naamlik dat die
Geloftevolk weer 'n vrye volk in sy eie land onder sy eie regering moet
word.

Die volgende posisies is ingeneem en aksies in die vooruitsig gestel
deur die vergadering:

. Die komitee erken ons volk se afhanklikheid vir die herwinning van ons
vryheid van die Lewende God, dieselfde God wat die eer moet ontvang vir
die oorwinnings by Vegkop, Bloedrivier en Majuba. Die hoofdoel van
vryheid is om weer 'n volkshuishouding tot Sy eer daar te stel.

. Die komitee erken terselfdertyd ons volk se staat van sondigheid en
afvalligheid van God en besef die noodsaaklikheid van verootmoediging
voor Hom. Met die oog op gekoödineerde reëlings daarvoor sal daar
geskakel word met instansies wat reeds sodanige inisiatiewe begin het.
In hierdie verband word volksgenote herinner aan ons plig tot nakoming
van die volksgeloftes en die komitee wil hulle aanmoedig om moeite te
doen om Geloftefeeste op 16 Desember hierdie jaar by te woon.

. Die komitee is gegrief deur die misbruik van die
Bloedrivier-,Voortrekker- en ander volksmonumente vir doeleindes
waarvoor dit nie opgerig is nie en 'n ondersoek in verband daarmee sal
onderneem word met die oog op gepaste optrede.

. Die komitee ag dit noodsaaklik dat die vryheidsideaal tot op grondvlak
in die harte van volksgenote ingedra word. Elke volksgenoot tot op die
kleinste dorpie en op elke plaas in Suid-Afrika moet met hierdie
boodskap bereik word. Met die oop daarop is 'n omvattende
inligtingsaksie geloods wat sal bekend staan as Operasie Volksgesprek en
'n kommunikasiekomitee is aangewys om dit te inisiëer. Vir die welslae
van die aksie is ons egter aangewese op die ondersteuning van
goedgesinde individue, organisasies en media. Die komitee sal mettertyd
met sodanige persone en instansies in verbinding tree en spreek sy
waardering uit vir die ondersteuning wat reeds met die reëlings van die
volksvergadering ontvang is.

. Met die oog op omvattende kommunikasie met die volk is daar besluit
dat die komitee sy eie selfstandige databasis van volksgenote moet hê en
almal wat belangstel om die inligtingsmateriaal van die GKK te ontvang,
kan daarvoor registreer op www.volksvergadering.co.za
. onder Geloftevolk Koördineringskomitee.

. Ten einde volksbetrokkenheid by die vryheidstryd te verbreed, word 'n
volgende volksvergadeing vir die naweek van 8-10 Oktober 2010 DV in die
vooruitsig gestel. Die presiese vergaderplek en ander besonderhede sal
mettertyd bekend gemaak word, maar volksgenote word versoek om nou reeds
die datum te reserveer.

. Die komitee het 'n beleid oor ander volksorganisasies geformuleer.
Daar word gestreef na goeie en opbouende verhoudinge met die oog op die
bevordering van die vryheidsideaal. Vir die GKK is dit egter belangrik
om sy algehele onafhanklikheid te behou. Terselfdertyd gun hy alle ander
organisasies hulle eie identiteit en die selfstandige nastrewing van
hulle eie doelstellings.


Vir die lede van die GKK was die naweek se vergadering 'n verrykende en
verdiepende belewenis en 'n hegte eenheid is tussen lede gevorm. Die
komitee is ongekompromiteerd daartoe verbind om die vryheidsvisie met
die hulp van God en die ondersteuning van mede-volksgenote te
verwesenlik, hoe moeilik dit ookal mag wees en hoe lank dit ookal mag
neem en is vasbeslote om enige pogings om dit te belemmer met alle
beskikbare kragte teen te staan. Daarvoor put ons inspirasie uit die
woorde van die 18de eeuse denker George Byron: Die vryheidstryd, as dit
eenmaal begin, word van die vader bloeiend deur die seun geërf, en die
stryd sal altyd gewen word, hoe moeilik ookal.

Volledige besonderhede oor die beplande aksies van die GKK sal DV vroeg
in die nuwe jaar bekend gemaak word maar persone wat belangstel om nou
reeds by die komitee se aksies betrokke te raak, kan die sekretaris, mnr
Frikkie Strauss, by 022 -- 913 2391 skakel.

Uitgereik deur : Dagbestuur van die Geloftevolk Koordineringskomitee
Navrae: Frikkie Strauss, 022 - 913 2391

Tuesday, December 1, 2009

Dokumentêr oor Orania

Vriende,

Tobias Lindner het my gevra om hierdie skrywe ook aan julle te stuur.

Groete,
Nikke

________


Hallo.

Huidiglik studeer ek by die Universiteit van Toegepaste Wetenskap in
Berlyn, Duitsland, om 'n 'filmmaker'/kameraman te word. Die tyd het
aangebreek vir my om my finale film projek te begin. My belangstelling
in die Afrikaanse kultuur en die unieke konsep van Orania het my
geinspireer om 'n dokumentêre film oor Orania te maak. Ek sal vanaf
Desember in Orania wees.

In April 2009 het ek die geleentheid gehad om 'n rukkie in Orania te
spandeer en ek het baie interessante mense ontmoet. Nou is ek opsoek
na mense wat beplan om na Orania te trek en daar te woon. Die proses
om na Orania te trek en die motivering om dit te doen is vir my 'n
belangrike aspek om te visualiseer waarom mense in Orania is. Op
dieselfde wyse is ek opsoek na mense wat in Orania gebly het, maar nie
meer daar woonagtig is nie (onafhanklik van die rede hoekom hulle nie
meer daar woon nie). Ek wil graag mense ontmoet wat in een van hierdie
situaties is/was.

As iemand gereed is om met my te praat of van iemand anders weet wat
met my hieroor wil praat sal ek baie dankbaar wees as julle vir my kan
kontak. Natuurlik is die deelname in my projek vrywillig en as ons
ontmoet om 'n bietjie met mekaar te praat beteken dit nie dat ek
onverwags met 'n kamera op julle stoep sal staan nie.

My doelwit wanneer ek dokumentêre filme maak is om die wêreld te wys
hoe ander mense leef. Dit sluit 'n benadering in van die alledaagse
lewe sonder inmenging van my part.

Ek hoop dat daar mense is wat belangstelling in my idee toon.

Indien julle enige verdere vrae het, moet asseblief nie huiwer om my
te kontak nie.

Ek sien uit na julle antwoorde.

Vriendelike groete,

Tobias Lindner
'Cinematography' Student
Berlyn, Duitsland
Tobi.lindner@gmx.net
SA: 0027 715199443
D: 0049 1759784897